Deelnemers in die Spesialevoertuigkategorie beplan om die Produksievoertuigbrigade die stryd aan te sê tydens die 25ste Toyota 1000-Woestynren, die derde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat van 3 tot 5 Junie in Botswana plaasvind.
Die inskrywingslys bestaan uit verskeie veldrenbekendes terwyl daar meer inskrywings in die Spesialevoertuigkategorie as in die Produksievoertuigafdeling is. En sover dit die Groot Menere aangaan, is daar 20 inskrywings in Klas A teenoor die twee Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody-bakkies in Klas F.
In die Produksievoertuigkategorie tel die feite ten opsigte van goeie voorbereiding en ’n goeie kennis van die terrein in die guns van Nissan se Hannes Grobler, wat die Toyota 1000 vir die afgelope drie jaar gewen het, en sy navigator, Francois Jordaan, Hul spanmaats, Alfie Cox en Ralph Pitchford, het al vir jare met motorfietse in Botswana deelgeneem en gewen en sal beslis baat hierby vind. Hulle kan vir ’n verrassing sorg deur as die algehele wenners uit die stryd te tree.
Dit is egter in Klas D waar die ware stryd tussen Ford, Toyota, Nissan, Mitsubishi en Land Rover sal woed.
Die enkele Span Ford Racing Ranger van die Klas D-kampioenskapvoorlopers, Manfred Schröder en Alec Harris, sal onder die aanval van die Castrol-Toyota Hilux 2,7i’s van Mark Cronje en Chris Birkin; Gavin Cronje en Robin Houghton en Paolo Piazza-Musso en Ockie Fourie kom asook die BB Auto-Nissan Hardbody-bakkies van Arnold du Plessis en Johan Knox en die broers, Jurie en André du Plessis.
Die wenners van die 2004-Mylpaaltoekenning, Henri Zermatten en Bodo Schwegler, is altyd ’n voorbeeld van bestendigheid in die Mastercraft / Ryobi-Mitsubishi Pajero en daar kan op hulle gereken word om op die podium te eindig. Die betroubare Mitsubishi het sy 16de agtereenvolgende ren tydens die onlangse Nissan-handelaars 400 voltooi.
Die Bosal / N1 4×4-span sal net uit twee voertuie bestaan nadat die Toyota Hilux V6 van pa en seun, Cliff en Louis Weichelt, tydens die Nissan-handelaars 400 afgeskryf is. Die broers, Mark en Stuart Moffat, sal in die Klas D-Land Rover Defender waarmee hulle beide byeenkomste tot dusver voltooi het, in aksie wees en George Barkhuizen en Rod Hering sal met die Klas E-Toyota Hilux 2,7i deelneem.
Hugo en Jaap de Bruyn (Castrol-Toyota Hilux 2,7i) sal die span wees om te klop. Dié paar het die Nissan-Sugarbelt 400 gewen en toe het Hugo, wat alleen gery het nadat sy pa, Jaap, op die vooraand van die Nissan-handelaars 400 voedselvergiftiging opgedoen het, tweede in Klas E geëindig. Chris Visser en Japie Badenhorst (Tyco Trucks-Toyota Hilux 2,7i) het in die Wes-Kaap gewen en daar kan van hulle asook van Zane Pearce en Hennie Vosloo (Castrol-Toyota Hilux 2,7i) verwag word om druk op die besigheidsmanne van Vryburg te plaas.
Pa en seun, Dirk en Dirk Jr van Reenen (Savannah-Ford Ranger) en die Span Ford Racing-ontwikkelingspaar, Baphumze Rubuluza en Kulile Vakalisa (Ford Ranger) is in hul eie privaatstryd gewikkel terwyl hulle ook die groot Toyota-kontingent sal aanpak.
Thomas Rundle en Stavros Yiannakis sal die Nissan-vlag in hul Klas E-Barden Tyre Services-Hardbody hoog hou.
Die Spesialevoertuigaanslag sal van ’n paar spanne kom wat die Toyota 1000 al vantevore gewen het.
Die skare se gunsteling sal ongetwyfeld die 2004-wenners, Atang Makgekgenene en Buks Carolin (Total-Jimco) wees, maar hulle sal onder druk geplaas word van van die 2003-wenners, John Weir-Smith en Geoff Minnitt (Kopanong Hotel Superteam-Jimco); die 2000-wenners, Mark Corbett en Juan Möhr (Century Property Developments-BAT); die 1994-wenner, Robert Wark en sy seun, Gareth, in die Superpave-Chenowth waarmee hulle onlangs vyfde algeheel tydens die Nissan-handelaars 400 geëindig het en die veteraan, Richard Schilling, wat die 1990-Toyota 1000 gewen het en sy navigator, Chris Davies in die Klas S-Plastotech-Aceco.
Heelparty spanne wat vir ’n algehele debuutoorwinning tydens dié uitmergelende ren sal mik, sal kort op hul hake wees. Shameer Variawa en VZ van Zyl (Total-Porter) beskik oor die talent, maar die voertuig was effe onbetroubaar terwyl die voorlopers in die Spesialevoertuigkampioenskap, Terence Marsh en Michael Whitehouse, nou gelukkig is met hul nuwe Nashua Mobile-BAT Spec-1 en daar kan van hulle verwag word om van die begin van die ren tot die aanval oor te gaan.
John Moore en Graham Maclachlan (Connix Internet-Chenowth) het tydens die Nissan-Sugarbelt 400 tweede algeheel in die Spesialevoertuigkategorie klaargemaak en is tot ’n oorwinning in staat en so ook Will Battershill en Reg Sutton wat met die ex-Marsh-Jimco tot die Klas A-stryd toegetree het en vir ’n verrassingsvertoning tydens die Nissan-handelaars 400 gesorg het deur tweede algeheel te eindig.
Giel Nel is slim en kan saam met Peter Newbery ook nie buite rekening gelaat word nie. Die voormalige Spesialevoertuig-jaerskampioen het sy Subaru-aangedrewe LUK / Ate-Zarco Lite nou uitgesorteer en met sy reputasie om sy voertuig heel by die einde te bring, kan hy ’n paar van die ander gunstelingspanne verras.
Op die renbaan is daar nie veel liefde tussen die broers, Gary en Bevan Bertholdt nie en hulle sal weer eens in hul eie stryd gewikkel wees. Gary en Siegfried Rousseau (iBurst / Advansoft-BAT) het die Nissan-Sugarbelt 400 gewen, maar hul voertuig tydens die daaropvolgende ren beskadig terwyl Bevan en Nick Selamolela ’n rolslag in KwaZulu-Natal oorleef het en vierde klaargemaak het, maar met ’n skewe voorveringstelsel van die iBurst-BAT Spec-1 het hulle later uit die volgende ren uitgeval.
Daar is ’n paar spanne wat as die wenners van die uiters mededingende Klas B na vore kan tree en almal sal hul visiere op die kampioenskapvoorlopers, Evan Hutchison en Trevor Ormerod in die Motorite Racing-BAT gestel hê asook op die broers, Rudi en Pierre van Graan (Technochair-Zarco Lite) en David White (Truggy) wat almal albei die renne tot op datum voltooi het. Die Nissan-handelaars 400-wenners, Ernest Corbett en Warwick Goosen (Century Property Developments-BAT), die broers, Hendrik en Louis Fourie (Zarco Lite) en die Swazilander, John Thomson en Clinton McNamara (Mormond-Zarco Lite) asook die huidige kampioene, Marcus Taylor en Marc de Chalain (JRE) sal heelwat moet opmaak en dit sal iets wees om te aanskou.
Die ren begin Vrydag, 3 Junie om 13h00 met ’n 40 km-voorren en word gevolg deur ’ n 480 km-gedeelte wat Saterdag om 07h30 by Game City in Gaborone begin en by die dienspunt by Mantshwabisi draai voordat dit weer by Game City eindig. Oorlewendes van die eerste dag se ren, sal Sondag om 7:30 weer by Game City begin en die roete in die teenoorgestelde rigting aanpak voordat hulle teen ongeveer 14h00 by Game City eindig.