Die gewilde Nissan-Sugarbelt 400 waarmee die 2005 Absa Veldrenkampioenskapseisoen op 18 en 19 Maart in KwaZulu-Natal afskop, het ’n groot hoeveelheid inskrywings in die Spesiale en Produksievoertuigkategorieë getrek.
Die Spesiale Voertuie voer tradisioneel die botoon in die KwaZulu-Natal-streek en is verantwoordelik vir 57 van die 80 inskrywings in Klas A, B, C en S met Klas B wat die skaal met 31 inskrywings in sy guns laat swaai gevolg deur Klas A met 20 inskrywings. Die Produksievoertuigkategorie het 23 inskrywings getrek.
As gevolg van die feit dat die bekendstelling van die nuwe Super Produksieklas – Ford, Nissan en Toyota het tot dié klas ingestem en sal dit met twee voertuie elk ondersteun – tot die Toyota 1000-Woestynren in Junie uitgestel is, het die vervaardigers (Nissan en Ford) wat tradisioneel in Klas T deelgeneem het, dispensasie ontvang om hul voertuie tydens die eerste twee byeenkomste te gebruik.
Die huidige Produksievoertuig-jaerskampioen, Hannes Grobler, en sy nuwe navigator, Francois Jordaan, asook die huidige Klas D-kampioene, Alfie Cox en Ralph Pitchford sal die Trots Suid-Afrikaanse Nissan-aanslag lei. Die skynbaar onoorwinlike Nissan-span mik vir hul vyfde agtereenvolgende byeenkomsoorwinning, maar die Ford Racing-span van Neil Woolridge en Kenny Skjöldhammer is vasbeslote om ’n einde aan Nissan se oorheersing te maak en hul oorwinning tydens die laaste Carnival City 400 op te volg met nóg ’n oorwinning op hul tuisfront.
Die Castrol-Toyota-span se hoop vir ’n podiumposisie en ’n Klas D-oorwinning sal op Mark Cronje en Chris Birkin in die Castrol-Toyota Hilux 2,7i, wat tweede in die 2004-Klas D-kampioenskap geëindig het, rus. Hulle was laasjaar derde hiér en Paolo Piazza-Musso en Ockie Fourie sal daarvoor wil opmaak dat hulle dié byeenkoms laasjaar nie kon voltooi nie. Daar kan ook van die pa- en seun-span, Cliff en Louis Weichelt, verwag word om ’n goeie vertoning in die Bosal/N1 4×4-Toyota Hilux te lewer.
Die Nissan-aanslag sal van die broers, Jurie en André du Plessis en van Arnold du Plessis en Johan Knox in die BB Auto-Nissan Hardbody-bakkies kom asook van Deon Schoeman en Jan Sime in die Topcar-Nissan Hardbody en die GBS-Nissan-paar, Coetzee Labuschagne en Johan Gerber.
Die plaaslike suikerrietboer, Manfred Schröder en ’n navigator wat nog aangewys moet word, sal die enigste Klas D-Span Ford Racing Ranger wees.
Die wenners van die 2004-Mylpaaltoekenning vir die span wat al agt rondes van die kampioenskap voltooi het, Henri Zermatten en Bodo Schwegler, sal met hul betroubare Mastercraft Ryobi-Mitsubishi Pajero deelneem terwyl die Moffat-broers, Stuart en Mark, in die Bosal/N1 4×4-Land Rover, wat goed in die laaste drie renne van die 2004-seisoen klaargemaak het, in aksie sal wees.
Die huidige Klas E-kampioene, Hugo de Bruyn en sy pa, Jaap, beplan om die seisoen op dieselfde wyse te begin as was wat hulle laasjaar afgeskop het – deur Klas E in die Castrol-Toyota Hilux 2,7i te wen. Die gedugte Vryburgse span het die vorige seisoen ’n paar verstommende vertonings gelewer en dit sal moeilik wees om hulle te klop.
Gavin Cronje en Robin Houghton het laasjaar ’n skouspelagtige ongeluk tydens die Nissan-Sugarbelt 400 beleef en sal dit verseker nie in die Castrol-Toyota Hilux 2,7i wil herhaal nie terwyl die Durban-gebaseerde Zane Pearce en sy nuwe navigator, Peter Chadwick, in die Castrol-Toyota Hilux KZ-TE onder druk sal wees om ’n goeie vertoning voor hul tuisskare te lewer.
Dit lyk asof die man- en vrou-paar, Marius en Tracey van Vuuren, hul Bosal/N1 4×4-Toyota Hilux uitgesorteer het en hulle behoort, soos die relatiewe nuwelinge, Thomas Rundle en Stavros Yiannakis in die Barden Tyre Services-Nissan Hardbody, ’n bedreiging vir die res van die Klas E-deelnemers te wees.
Span Ford Racing se Baphumze Rubuluza en Khulile Vakalisa, het hulself goed van hul taak gekwyt tydens hul debuutjaar en tweede in die 2004-Klas E-kampioenskap geëindig terwyl hulle ook die toekenning vir die nuwelingspan wat die meeste verbeter het, ontvang het. Die Pietermaritzburg-gebaseerde besigheidsmanne het tydens laasjaar se byeenkoms derde in Klas E klaargemaak en is heeltemal daartoe in staat om ’n eerste klasoorwinning af te trek.
Klas F vir onbeperkte twee- en vierwielaangedrewe voertuie is tot op hede nie goed ondersteun nie, maar daar word verwag dat ’n paar voertuie wat voorheen in Klas T meegeding het, ’n terugkeer sal maak. Intussen sal die huidige Klas F-kampioene, André Botha en die veteraan, Richard ‘Ouboet’ Carolin, wat beurte agter die stuur gaan maak, in beheer van sake in die Kopanong Hotel Supterteam-Chevrolet wees.
Die Spesiale Voertuig-kategorie beloof om ’n volskaalse perdekrag-oorlog in Klas A te wees met kragbronne soos Porsche, Nissan V6, Chevrolet LS1, Audi V8, BMW 540 V8, Subaru en Mitsubishi V6-dubbelturbo wat in die plaaslike Zarco- en BAT-onderstelle en ingevoerde Jimco, Porter, Raceco en Chenowth-onderstelle gepas word.
Die huidige Spesiale Voertuig-kampioene, Atang Makgekgenene en Buks Carolin, sal nie vir die ren aantree nie aangesien Makgekgenene nou in die Verenigde Koninkryk gebaseer is en veldrenne nie by sy besige besigheidskedule ingepas kan word nie.
Die 2004-Nissan-Sugarbelt 400-wenner, Mark Corbett, en Juan Möhr sal weer eens in die Audi V8-aangedrewe Century Property Developments-BAT waarmee dié span die Carnival City 400 gewen het, in aksie wees. Corbett en Möhr sal deur die KwaZulu-Natal-gebaseerde Clint Gibson en Marcelle Trethewey, die dogter van die veldrenstaatmakers, Vincent en Louise Trethewey, onder druk geplaas word. Gibson het laasjaar net na Corbett klaargemaak en sal met niks minder tevrede wees nie as ’n eerste oorwinning in die Audi V8-aangedrewe Gibson Plant Hire-BAT. Nick Harper en Andrew Chalupsky was derde in nóg ’n Audi V8-aangdrewe BAT en hul bestendigheid kan weer eens aan hulle ’n plek op die podium besorg.
Ander BAT-mededingers sluit die broers, Gary en Bevan Bertholdt, asook Terence Marsh in. Gary Bertholdt en Siegfried Rousseau het die Mafikeng 500, een van slegs twee byeenkomste waaraan hulle met die Nissan V6-aangedrewe Advansoft-BAT in 2004 deelgeneem het, gewen. Marsh en Michael Whitehouse sal met die nuwe Nashua Mobile Racing-BAT Spec-1 met ’n 500 perdekrag-Chevrolet LS-1-enjin, deelneem terwyl Bevan Bertholdt en Nick Selamolela in die Chevrolet LS-1 V8-aangedrewe Itech-BAT Spec-1 in aksie sal wees. Die BAT Spec-1-onderstel is die grootste buisraamveldrenvoertuig wat nog ooit hier deelgeneem het en sy vertoning in die Absa Veldrenkampioenskap sal met groot belangstelling dopgehou word.
John Weir-Smith en Geoff Minnitt sal op hul BMW 540 V8-aangedrewe Kopanong Hotel Superteam-Jimco, wat nou reeds goed getoets is en volledig oorgebou is, staatmaak. Die 2004-wenners van die Lesotho Sun 400 is vol vertroue dat hulle mededingend sal wees wat hantering en verrigting betref. Die voormalige Spesiale Voertuig-jaerskampioen, Shameer Variawa en sy navigator, Nadeem Dudhia, glo dat hulle die radikale Amerikaans-geboude Cornbake Foods-Porter, wat ook deur ’n BMW 4,6 V8-enjin aangedryf word, ten volle ontwikkel het en beplan om die seisoen met ’n oorwinning af te skop.
Pa en seun, Rob en Gareth Wark, sal in die Mitsubishi V6-dubbelturbo-aangedrewe Superpave-Chenowth waarmee Greg Daus vroeër deelgeneem het, saamspan terwyl John Moore en Graham Maclachlan met hul betroubare Porsche-aangedrewe Connix Internet-Chenowth sal deelneem.
Die Amerikaans-geboude Chenowth beskik oor ’n trotse veldrengeskiedenis in Suid-Afrika met Franz Czepek Senior en Junior wat vyf Spesiale Voertuig-kampioenskappe van 1994 tot 2001 daarmee ingepalm het terwyl hulle ook elke ren in die 2001-seisoen in dié Chenowth gewen het.
Daar kan op die Du Plessis-broers, Laurence en Gerhard, wat net aan die 2004-Carnival City 400 deelgeneem het en tweede algeheel in die Mobil-Jimco klaargemaak het, staatgemaak word om die stryd met die res van die Klas A-deelnemers aan te pak.
Die voormalige Spesiale Voertuig-jaerskampioen wat ook tweede in die 2004-Klas B-kampioenskap geëindig het, Giel Nel, saam met sy navigator, Peter Newbery, sal hul Klas A-debuut in die Subaru-aangedrewe LUK/Ate-Zarco Lite maak. Nel ken al die veldrenkunsies en mik daarna om elke ren te voltooi en soveel as moontlik punte bymekaar te maak terwyl die res van die opposisie hulself vernietig. Dit sal niemand verbaas as Nel en Newbery nader aan die einde van die kampioenskap op die titel aanspraak maak nie.
Om ’n Klas B-wenner te voorspel, is bykans onmoontlik. Die grootste hoeveelheid inskrywings is van KwaZulu-Natal-deelnemers wat tydens laasjaar se Nissan-Sugarbelt 400 met die louere weggeloop het.
Gary Campbell het in 2004 in die Mighty Mag gewen en is oor die eindstreep deur die Piet Retief-gebaseerde Johan van Jaarsveld en Marlene Lindeque in die Pro Ysco gevolg. Die huidige Klas B-kampioene, Marcus Taylor en Marc de Chalain in die JRE Sandmaster was derde en Will Battershill en Reg Sutton in nóg ’n JRE Sandmaster het hulle gevolg.
Dit is heel moontlik dat die wenners vanuit die KwaZulu-Natal-gebaseerde spanne se geledere sal kom, maar nie as die Gauteng-spanne – waarvan heelparty met die plaaslik-ontwerpte en geboude Zarco Lite-onderstelle deelneem – dit kan verhelp nie.
Die Van Graan-broers, Rudi en Pierre (Technochair-Zarco Lite) is een van slegs twee Klas B-spanne wat daarin kon slaag om die Lesotho Sun 400 te voltooi; John Thomson en Clinton McNamara (Ormond-Zarco Lite) was tweede tydens die Toyota-Handelaars 400 en gesamentlik derde in die Klas B-kampioenskap en die Fourie-broers, Hendrik en Louis (Zarco Lite), was tweede tydens die Carnival City 400 en almal is honger vir die ontwykende klasoorwinning.
Die veteraan-vervaardiger, Paul Coetzer, het sy bydrae tot die groei in die Spesiale Voertuig-kategorie gelewer en veral tot die uiters mededingende Klas B waarvoor hy ’n innoverende nuweling ontwerp het. Coetzer is sedert die 1970’s by veldrenne betrokke en het reeds meer as 300 ORCO-onderstelle gebou waarvan baie steeds in streeks- en klubrenne gebruik word terwyl hy ook verskeie kampioenskappe en renne as navigator vir Bodo Bertholdt gewen het. Dié span het ’n gesamentlike ouderdom van 120 jaar en sal vanjaar in die Subaru-aangedrewe ORCO deelneem.
Die egpaar, Gerhard en Zelda Niemandt, sal in nóg een van dié nuwe onderstelle in aksie wees en die Promotorsport-ORCO sal deur ’n Mazda-enjin aangedryf word. Die broers, Alastair en Hamish Stubbs, wat gesamentlik derde in die 2004-Klas B-kampioenskap geëindig het, sal weer eens in die Fence Erect-Viper deelneem waarmee hulle dié klas tydens die Toyota 1000-Woestynren gewen het.
Ernest Corbett en Warwick Goosen in die Century Property Developments-inskrywing en nuwelinge Evan Hutchison en Trevor Ormerod in die Motorite-inskrywing, sal BAT verteenwoordig. Hutchison en Ormerod het tweede algeheel tydens die onlangse Stokkiesdrai 200-streeksveldren klaargemaak en hoop op ’n goeie resultaat.
Klas S vir buisraamvoertuie met ’n balk-as- en sleeparmveringstelsel voor beskik oor die potensiaal vir groei en die teenwoordigheid van veterane soos Nardus Alberts en Collin Hunter in die Wrapsa-Raceco en die voormalige Spesiale Voertuig-kampioene en veelvuldige Dak van Afrika-wenners, Richard Schilling en Chris Davies in die splinternuwe Plastotech-Aceco, behoort meer deelnemers te trek soos die seisoen vorder.
Nic Goslar het van sy rugbeserings wat hy in ’n hoë-spoed-ongeluk tydens laasjaar se Sun City 400 opgedoen het, herstel en hy sal saam met sy nuwe navigator, Jacob Robbetze, in die Kopanong Hotel Superteam-Raceco Porsche in aksie wees.
Die Pietermaritzburg-gebaseerde Gavan Gray sal vir ’n oorwinning op sy tuisfront in die Data Dot-Raceco mik.
Die Nissan-Sugarbelt 400 begin Vrydag, 18 Maart om12h30 met ’n 33 km-voorren. Die hoofren sal uit twee sirkelroetes in ’n agt-figuur bestaan en begin Saterdag, 19 Maart om 08h00 by die Beaumont Eston Boereklub naby Pietermaritzburg. Die Natal Off-road Motorklub het 18 toeskouerpunte langs die roete geïdentifiseer wat aan entoesiaste heelwat geleenthede bied om al die aksie gade te slaan.