Die Atlas Copco/Chicago Pneumatic Jeep-veldrenspan sal sy laaste verskyning tydens die Carnival City Casino 400, die laaste ronde van die SA Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word en op 14 en 15 November plaasvind, maak.
Nadat Scott Abraham ?n aanstelling by die New Dimension X-Raid BMW-span in Duitsland aanvaar het, het die bestuur besluit om ná die laaste veldren ?n Te Koop-bordjie om dié gewilde ?rooi monster? se stuur te hang.
?Dit was altyd die bedoeling dat Scott die Jeep moes voorberei en bestuur en noudat hy in Duitsland is, is daar niemand om die voertuig in sy plek voor te berei nie,? het ?n woordvoerder van die span gesê. ?Die Jeep was deur die jare goed vir ons en met sy beproefde betroubaarheid die afgelope twee seisoene, sal dit die nuwe eienaar groot pret verskaf.?
?Behalwe vir die olieseël op die koppelomsitter wat tydens die Toyota-Handelaars 400 die gees gegee het en Stratford Voogt en Richard Carolin gedwing het om die handdoek in te gooi, was daar geen groot probleme dié seisoen nie en die Jeep was baie ekonomies om aan die gang te hou,? het die woordvoerder gesê.
Scott Abraham sal spesiaal vanaf Duitsland kom om die Jeep te bestuur en sal van twee mede-bestuurders gebruik maak ? Richard Carolin en Carnival City Casino se bestuurder, Rod Walker sal die jaersposisie met hom deel.
?Die beplanning is dat Carolin en Walker, wat hoofsaaklik die krag agter die Venda Sun 500 was en ook in 1980 met ?n Spesiale Voertuig deelgeneem het, die voorren sal voltooi asook die eerste van die drie rondes van die hoofren,? het ?n woordvoerder van die span gesê. ?Abraham sal dan die stuur van die Jeep oorneem om saam met Carolin die oorblywende twee rondtes van die Carnival City Casino 400 aan te pak.?
?Ek sien daarna na die geleentheid, maar moet erken dat ek nogal effens senuweeagtig is om te navigeer, want ek het nog nooit tydens ?n tyd- of veldren genavigeer nie,? het Walker erken. ?Richard Carolin was aan die begin van die seisoen in dieselfde situasie, maar het gou daaraan gewoond geraak om te navigeer ? ek dink dus nie ek behoort ?n probleem te hê nie.?
Abraham en Carolin was vir die grootste gedeelte van die seisoen tweede in Klas T se jaers- en navigatorskampioenskappe en staan saam met Duncan Vos en Mike Griffiths (Nissan), Nel Woolridge en Kenny Skjöldhammer (Ford) en Apie Reyneke en Robin Houghton (Toyota) ?n kans om die tweede posisie in dié klas wat deur vervaardigersinskrywings oorheers word, op te tel.
?Ek is baie bly dat my pa my laat huis toe vlieg om aan die laaste ren van die kampioenskap deel te neem en ek en Richard sal alles in ons vermoë doen om ons tweede plek te behou,? het Abraham gesê. ?Ons besef albei dat dit nie ?n maklike taak gaan wees om voor so baie van die fabrieksgesteunde spanne te eindig nie en ons strategie sal wees om ?n bestendige pas te handhaaf, geen pap bande op te doen nie en die Atlas Copco / Chicago Pneumatic Jeep heelhuids by die einde te kry.?
?Met soveel wat vir die drie fabriekspanne ? waarvan twee nie ?n enkele van die afgelope 15 renne kon wen nie ? op die spel is, voel ons dat hulle gaan sukkel om ook ons strategie te volg en alles gaan probeer om die ren te wen en sodoende ?n risiko loop om pap bande op te doen of te breek en dit kan in ons hande speel,? had Abraham bygevoeg.
Die Carnival City Casino 400 begin op Vrydag, 14 November om 12:00 met ?n voorren wat uit een rondte van die 6 km-kortbaan by die kasino sal bestaan. Die hoofren wat op Saterdag, 15 November om 08:00 begin, sal uit ?n 138 km-sirkelroete bestaan wat die deelnemers drie keer sal moet voltooi.