Die afwesigheid van een van die gunstelinge in die Spesiale Voertuigkategorie tydens die Toyota 1000-Woestynren, die derde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat vanaf 11 tot 13 Junie in Botswana plaasvind, maar dit moeilik om ‘n wenner te voorspel.

Die huidige Spesiale Voertuig-navigatorskampioen, Brandon Harcus, het van die kampioenskap onttrek en sal na San Diego verhuis om BAT Racing VSA daa te vestig en sy Amerikaanse veldrenloopbaan daar te begin. Sy onttrekking sal ‘n leegte in die Spesiale Voertuigkampioenskap laat.

Die voorlopers in die Spesiale Voertuigkampioenskap, Mark Corbett en Gavin Kelsey, het tweede tydens die Nissan-Handelaars 400 in Darling klaargemaak en het daarna die Nissan-Sugarbelt 400 in Eston in die Century Property Developments-BAT gewen om sodoende ‘n stewig begin aan hul seisoen te gee. Gavin Kelsey het egter veelvuldige frakture aan sy sleutelbeen opgedoen terwyl hy met sy veldmotorfiets geoefen het en sal vir ten minste ses weke buite aksie wees. Alhoewel Corbett nog nie besluit het wie die plaasvervanger-navigator gaan wees nie is die wenner van die 2000 Toyota 1000 nog ‘n gunsteling om te wen.

Die wenners van die Nissan-Handelaars 400, Atang Makgekgenene, sal sy Total-Jimco met die veteraan, Buks Carolin – wat die Toyota 1000 as ‘n navigator in 1995 gewen het – deel en hoop om die eerste Motswana te word om die Toyota 1000-Woestynren te wen.

Die KwaZulu-Natal gebaseerde Clint Gibson en Mike Brown, het die voortou met Corbett en Kelsey in KwaZulu-Natal geruil en het bewys dat hulle oor die pas en die rentoerusting beskik om ‘n debuutoorwinning in die Praesidium Financial Services-BAT te behaal.

Dit blyk asof Nashua Mobile Racing se ontwikkeling van die Mitsubishi V6-Jimco met ‘n aanjaer vrugte afgewerp het met Terence Marsh en Michael Whitehouse wat tydens die Nissan-Sugarbelt 400 goed gevaar het totdat ‘n tak die oliepyp afgeruk het wat veroorsaak het dat die ratkasolie gelek het. ‘n Foutiewe enjinbeheerprobleem het hulle verder teruggehou en hulle was gelukkig om in die sesde posisie algeheel en vierdie in Klas A te eindig.

Nic Harper en Andrew Chalupsky het na ‘n lang afwesigheid na veldrenne teruggekeer en het vierde algeheel tydens die Nissan-Sugarbelt 400 in die Audi V8-aangedrewe BAT klaargemaak. Hulle was ‘n bestendige span deur die jare en dit behoort in hul guns te tel by dié ren wat daarvoor bekend is dat dit taai is.

Die BAT Racing-brigade sal deur nóg drie inskrywings gevul word – Bevan Bertholdt en James Kennerley, Philip Vosloo en Evan Hutchison en Henri Kirstein en Renier Jooste wat ‘n Nissan V6-enjin in die Atlas Copco-BAT gepas het waarmee hulle in Klas B deelneem.

Shameer Variawa en Nadeem Dudhia se debuut in die Oven Fresh Biscuits-Porter PR1 het tydens die Nissan-Sugarbelt 400 vroeg tot ‘n einde gekom toe hulle met Brandon Harcus en Achim Bergmann verstrengel geraak het. Die kragstuurpomp wat agter die ratkas gepas word, is beskadig en hulle was verplig om te onttrek. Variawa is die voormalige Spesiale Voertuigkampioen en is goed toegerus wat sy vermoëns en sy voertuig betref om dié byeenkoms te wen.

Die Rustenburg-gebaseerde man en vrou, Jimmy en Shinon Zahos, het Rashid Noble se Aceco gekoop, maar kon nie die Nissan-Sugarbelt 400 voltooi nie terwyl Frikkie Botha en Blackie Swart bewys het dat hulle oor die spoed beskik, maar nie oor die soliditeit in die Procoat-Jimco, die 2002-kampioenskapwenner, nie.

John Weir-Smith en Geoff Minnitt (Kopanong Hotel Superteam-Jimco) het laasjaar ‘n teleurstellende jaar beleef. Nadat hulle die Toyota 1000 gewen het, kon hulle slegs tydens die laaste ronde van die seisoen weer punte aanteken terwyl hulle vanjaar nog nie een van die twee rondes kon voltooi nie. Hulle sal beslis poog om twee agtereevolgende oorwinnings in Botswana te behaal.

Klas S vir onbeperkte spesiale voertuie wat met sleeparmveringstelsel voor toegerus is in teenstelling met die A-arm-konfigurasie wat by Klas A-voertuie gepas word – en daar is heelwat van dié ouer voertuie wat steeds uiters mededingend is – staan net so ‘n goeie kans om algeheel te wen as die meer moderne Klas A-voertuie.

Die moontlikheid bestaan dat die veterane, Richard Schilling en Rob Wark, wat dié ren onderskeidelik in 1990 en 1994 gewen het, ‘n skokoorwinning in die Plastotech-Raceco kan behaal en dieselfde kan van die Rustenburg 200-wenners, Nardus Alberts en Collin Hunter in die Wrapsa-Raceco gesê word en so ook van die 63-jarige Harry Roscoe en sy seun, Donovan, wat met Buks Carolin se Kopanong Hotel Superteam-Raceco in Botswana sal deelneem.

Archie Rutherford het voorheen vir Greg Daus genavigeer, maar het besluit om rolle te ruil en het as die bestuurder van die Devco Africa-Raceco tydens die Nissan-Sugarbelt 400 ingeskryf, maar is deur kragstuurprobleme gekniehalter.

Gaborone se Zeyn Noble en Richard Hope sal in die Chevy LS1-aangedrewe Abe’s Furniture-Raceco in aksie wees en hul kennis van die plaaslike omstandighede behoort aan hulle ‘n effens voorsprong voor die besoekende spanne te gee.

Die span wat egter dopgehou moet word, is die Kopanong Hotel Superteam se Nic Goslar en Warren Bowie wat ook aktiewe motorfietsjaers is. Goslar is die huidige Klas S-jaerskampioen en is ‘n uitgeslape karnallie wat ‘n bestendige pas kan handhaaf terwyl sy mededingers só jaag dat hulle later moet onttrek en dan maak hy die oorwinning by die einde bymekaar.

Klas B vir tweeliteraangedrewe spesiale voertuie trek die grootste hoeveelheid inskrywings en daar is ‘n handvol top-mededingers wat heeltemal in staat is om hoog op die algehele resultate klaar te maak.

Klas B-kampioenskapvoorlopers, Adri Roets en Deon de Kock, het tydens die Nissan-Handelaars 400 bewys dat ‘n minder kragtige voertuig hoog op die algehele resultate kan klaarmaak deur hul Global DAD-WPP in die derde plek algeheel huis toe te bring. Hulle kon nie dié resultaat nie tydens die Nissan-Sugarbelt 400 herhaal nie en dit is aan nóg ‘n Klas B-mededinger, Gary Campbell, oorgelaat om die laaste plek op die podium in te neem.

Die voormalige Klas B-kampioene, Marcus Taylor en Marc de Chalain, het in die verlede bewys dat hulle by die kragtiger Klas A-voertuie kan byhou en saam met die Zarco-spanne, Glenn Classen en Matthew Ludick, Warren Classen en Kim Dixon, Hendrik en Louis Fourie en Rudi en Pierre van Graan, is skokresultate heel moontlik.

Mark Corbett se pa, Ernest, en sy skoonseun, Warwick Goosen, het indrukwekkende vertonings in die Century Property Developments-BAT gelewer en het tydens die Nissan-Sugarbelt 400 die klas gelei en was selfs voor Mark. Hulle staan ‘n goeie kans om ‘n eerste klasoorwinning in Botswana te behaal.

Simpatie met die huidige Spesiale Voertuigjaerskampioen, Giel Nel. Die besigheidsman van Primrose kon slegs ‘n negende posisie algeheel in die Luk/Ate-Truggy in die Wes-Kaap behaal en moes in KwaZulu-Natal die handdoek ingooi en is tans onderaan die kampioenskapspunteleer.