Die veldrenmotorfietse en –vierwielmotorfietsjaers sal deel van die aksie by die Carnival City Casino 400 op 14 en 15 November wees.
Die Oos-Randse byeenkoms is die laaste ronde van die SA Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word, maar die organiseerders, Koepelklub, het baie veldrenmotorfiets- en vierwielmotorfietslede. Die ren dien dus ook as ‘n klubbyeenkoms en sal in samewerking met die nasionale ren plaasvind en daar word verwag dat ongeveer 100 motorfiets- en vierwielmmotorfietsjaers sal inskryf.
“Die finale ronde van die SA Veldrenmotorfiets- en Vierwielmotorfietskampioenskap, die Dak van Afrika, vind twee weke ná ons byeenkoms plaas, maar ons lede wil graag deelneem,” het Koepelklub se voorsitter, Willie Prinsloo, gesê. “Die motorfiets- en vierwielmotorfietslede is ‘n belangrike deel van ons klub en ons sal ‘n byeenkoms binne die nasionale byeenkoms vir hulle aanbied.”
Prinsloo hoop ook dat die motorfiets- en vierwielmotorfietsren groot name sal lok. “Ouens wat met motorfietse- en vierwielmotorfietse jaag, is laf,” het hy gesê, “en daar is ‘n sterk moontlikheid dat sommige van die meer bekende jaers die Carnival City Casino 400 as ‘n oefenlopie vir die Dak van Afrika-ren sal wil gebruik.”