Deelnemers in die Produksie- en Spesiale Voertuigkategorieë wat vir die Nissan-Sugarbelt 400, die tweede ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat op 23 en 24 April in die Eston-omgewing naby Pietermaritzburg plaasvind, inskryf, kan ‘n paar verrassings van vanjaar se roete verwag.
Dié byeenkoms wat deur die Natal-Veldrenmotorklub (NORMC) georganiseer word, sal uit ‘n Westelike sirkelroete van ongeveer 85 km bestaan en ‘n Suidelike sirkelroete van ongeveer 110 km met die Westelike sirkelroete wat bosbougedeeltes, suikerrietlande en oop graslande asook ‘n paar skerp opdraandes insluit terwyl die Suidelike sirkelroete uit ‘n paar bosbougedeeltes sal bestaan terwyl heelwat rivierkruisings dié sal uitvang wat dit nie verwag nie.
Absa-Veldrenkampioenskapspanne sal elke rondte twee keer moet voltooi terwyl diegene wat aan die Streekskampioenskap deelneem die Westelike roete twee keer sal moet voltooi en die Suidelike sirkelroete een keer. Die Streeksmotorfiets- en vierwielmotorfietsjaers sal ‘n afsonderlike Noordelike roete drie keer moet voltooi met die Klubman- en Veteraan-deelnemers wat dié roete twee keer moet doen.
“Die roete is baie kompak en nasionale kampioenskapdeelnemers kan ‘n paar veranderinge van die laaste paar byeenkomste verwag,” het Dave Gurney van NORMC gese. “Nuwe gedeeltes wat baie meer tegnies is as in die verlede, is by die roete bygevoeg en dit is gedoen om die gemiddelde spoed te verminder.”
“Vroeg-oggende het nog altyd die deelnemers se lewe bemoeilik met dou wat die grasgedeeltes uiters glad maak,” het Gurney bygevoeg. “Die paaie in die suikerrietlande, veral as dit voor die byeenkoms gereën het, kan bedrieglik wees en spanne word aangeraai om op die roete te bly en nie naby aan die skuins rondings te ry nie – anders kan hulle hulself diep in die suikerrietlande begrawe!”
Toeskouers by die Nissan-Sugarbelt 400 sal die voertuie by ongeveer 25 toeskouerpunte binne ‘n radius van 16 km van die renhoofkantoor en sentrale dienspunt by die Beaumont Eston Boereklub is, kan sien.
Die byeenkoms begin op Vrydag, 23 April om 12h00 met ‘n 35 km-voorren om die wegspringposisies vir Saterdag se hoofren wat om 08h00 begin, te bepaal. Die eerste voertuig word teen 13h30 by die einde verwag.