Die 2003-SA Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word, het op ?n hoë noot tydens die onlangse Carnival City Casino 400 geëindig met nuwe kampioene ? waarvan twee beginners is ? wat in elke Produksievoertuig- en Spesiale Voertuigklasse gekroon is.
Hannes Grobler en Richard Leeke het ses van die agt renne in hul Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody gewen om die algehele Produksievoertuig- asook die Klas T-jaers- en navigatorskampioenskappe in te palm. Grobler het dié kampioenskap laas in 1986 gewen en Leeke in 1989 en is een van slegs twee spanne wat sewe van die agt renne dié seisoen kon voltooi.
Die beginner, Mark Cronje en voormalige Klas E-navigatorkampioen, Chris Birkin, is die enigste span wat al die renne van die kampioenskap in hul Castrol-Toyota Hilux 2,7i kon voltooi en het baie naby daaraan gekom om die algehele Produksievoertuigkampioenskap te wen. Hulle het met die Klas E-titel weggestap, maar moes met die naasbeste plek in die algehele kampioenskap tevrede wees.
Die veteraan, Kassie Coetzee en Ockie Fourie, het derde in die algehele kampioenskap klaargemaak en tweede in Klas E met hul Castrol-Toyota Hilux KZ-TE geëindig en hul puntetotaal is opgemaak deur een klasoorwinning, vier tweede plekke en ?n derde plek wat hulle na die ses renne wat hulle voltooi het, kon behaal.
Die voormalige Klas D-kampioene, Hein Grobler en Gerhard Prinsloo, is die ander span wat sewe rondes in hul GBS Racing-Nissan Hardbody kon voltooi en daarmee het hulle die vierde plek in die algehele kampioenskap behaal terwyl hulle die Klas D-titel vir die tweede keer verower het.
Dit was ?n moeilike seisoen vir die voormalige kampioene, Apie Reyneke en Robin Houghton, en die Castrol-Toyota Land Cruiser het heelwat ratkas- en dryfstelselprobleme ondervind. Hulle kon drie van die renne nie voltooi nie, maar het ?n tweede plek, drie derde plekke en ?n sesde plek tydens die laaste van die seisoen behaal om vyfde in die algehele kampioenskap en vierde in Klas T te eindig.
Die voormalige Produksievoertuigkampioene, Neil Woolridge en Kenny Skjöldhammer, het ?n seisoen beleef waarvan hulle eerder sal wil vergeet. Die Ford Racing Ranger-span kon die pas van die Nissan-veldrenwenners handhaaf, maar klein probleempies het veroorsaak dat hulle drie renne nie kon voltooi nie en hulle moes met ?n sesde plek in die algehele kampioenskap tevrede wees. Hulle was in ?n seisoenlange stryd vir die tweede plek in Klas T met Scott Abraham en Richard Carolin in die Atlas Copco/Chicago Pneumatic-Jeep en beide spanne het 73 punte ingesamel. Deur die Carnival City Casino 400 te wen, het tot die Ford-span se voordeel getel en Abraham en Carolin, wat sewende in die kampioenskap geëindig het, moes verlief neem met die derde plek in Klas T.
Die pa en seun-span, Johan en Marthinus van der Merwe (Chavani-Colt Rodeo), het vir die grootste gedeelte van die seisoen voorgeloop, maar het ?n klad op hul skoon boekies gelaat toe hulle twee renne nie kon voltooi nie en hulle het agtste in die algehele kampioenskap en tweede in Klas D klaargemaak.
Die heersende Produksievoertuigkampioene, Duncan Vos en Mike Griffiths, het ?n suksesvolle oorskakeling van Klas D na Klas T dié seisoen gemaak, maar het vier keer nie die eindstreep in hul Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody gesien nie en dit het veroorsaak dat hulle met die negende plek in die algehele kampioenskap en vyfde in Klas T gelukkig moes wees.
Die Carnival City Casino 400 se Klas D-wenners, Coetzee Labuschagne en Johan Gerber (GBS Racing-Nissan Hardbody) het die top tien in die algehele kampioenskap afgerond en hulle het ook die derde plek in Klas D ingeneem.
Die voormalige Klas D-kampioene, Manfred Schröder en Jack Peckham was derde in Klas E in die Ford Racing Ranger.
Die Spesiale Voertuig-Jaerskampioenskap is vir die eerste keer deur ?n Klas B-voertuig gewen en die eer het aan Giel Nel in die enkelsitplek-Luk Africa-Truggy behoort. ?Mnr Bestendig? het sewe van die agt rondtes voltooi en ook die Klas B-kampioenskap vir die derde keer in vyf jaar verower, maar dit was nie maklik vir die besigheidsman van Primrose nie.
Nel en Gerald Mundell (Prolong-BAT) het gedurig plekke in die voorste posisie van die kampioenskap geruil en dit was eers tydens die Carnival City Casino 400 waar Nel slegs die ren moes voltooi terwyl Mundell algeheel moes wen waar die kampioenskap beslis is. Nel het tweede in Klas B klaargemaak en Mundell en sy navigator, Billy Bond, moes as gevolg van konstantesnelheidkoppelingprobleme die handdoek ingooi. Die KwaZulu-Natal-span het onderskeidelik vyfde en derde in die algehele jaers- en navigatorskampioenskappe geëindig en tweede in Klas A.
Gary Bertholdt en Brandon Harcus het ?n droom-seisoen in die Adrenalise Corporate Entertainment-BAT beleef. Na ?n wankelrige begin het hulle drie renne algeheel gewen en ?n tweede en vyfde plek behaal om as naaswenners in die Spesiale Voertuig-Jaerskampioenskap te eindig terwyl Harcus die navigatorskampioenskap gewen het en dié span met die Klas T-titel weggeloop het.
Die 2002-Klas B-kampioene, Marcus Taylor en Marc de Chalain (Rollerbak Racing-JRE) is die enigste span wat ses van die agt renne kon voltooi met Taylor wat onderskeidelik die derde en tweede plekke in die Jaerskampioenskappe van die algehele Spesiale Voertuig- en Klas B ingepalm het terwyl De Chalain tweede in die algehele navigatorskampioenskap klaargemaak het en sy Klas B-navigatorstitel behou het.
Clint Gibson en Mike Brown (Praesidium Financial Services-BAT) het tydens drie byeenkomste in Klas B deelgeneem en tydens twee in Klas A en het vierde in die algehele jaers- en navigatorskampioenskappe klaargemaak nadat hulle Klas B drie keer gewen het en ?n tweede en ?n derde plek in die Klas A-voertuig behaal het. Gibson is derde in Klas B en sewende in Klas A terwyl Brown sewende in Klas A geëindig het en as die naaswenner in die Klas B-navigatorskampioenskap.
Mohammed Moultsen, Mohammed Noor se navigator, was vyfde in die navigatorskampioenskap en het Klas S-navigatorskampioenskap indie Supaveg-Raceco gewen. Noor het in die agtste plek klaargemaak en tweede in die Klas S-jaerskampioenskap.
Die sesde posisie algeheel en die derde plek in Klas A het aan John Moore en Fred Werner in die sheel Connix/Chenowth behoort met Nic Goslar (O?Hagan?s/Kopanong Hotel Superteam-Raceco) sewende algeheel in die jaerskampioenskap die Klas S-jaerskampioen. Goslar se twee navigators, Glen Styen en Warren Bowie, het onderskeidelik tweede en derde in die Klas S-navigatorskampioenskappe geëindig.
Andrew Birkin was die negende jaer in die algehele jaerskampioenskap en vyfde in Klas B nadat hy net drie renne in die enkelsitplek-WPP Wingfoot kon voltooi met nóg ?n enkelsitplekjaer, Francois Smith (Franic) tiende algeheel en die vierde jaer in die Klas B-jaerskampioenskap.
Die gesogte Produksievoertuig-Vervaardigerskampioenskap is deur Nissan gewen wat ?n ongelooflike 927 punte ingesamel het deur agt algehele oorwinnings, tien klasoorwinnings en verskeie top tien-posisies teenoor Toyota se 607 en Ford se 258.