Die Sun City 400, die tweede ronde in die Absa-veldrenkampioenskap wat op 23 en 24 Julie in die Pilanesberg-omgewing plaasvind, het meer as 70 inskrywings gelok.
Die vonke gaan behoorlik spat in die klasse vir produksievoertuie, maar sake gaan ewe warm wees in Klas T vir onbeperkte superbakkies waar die enkele Span Ford Racing Ranger van Neil Woolridge en Ken Skjoldhammer die trio Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody-bakkies gaan aanvat. Die Ford-span het in die afgelope 12 renne net twee keer gewen, en is vas oortuig dat veranderings wat hulle aan die SBM-vervaardigde Ford hulle nou op gelyke voet met die allesoorheersende Nissans plaas.
Die heersende produksiemotorkampioene Hannes Grobler en Richard Leeke het die Nissan Sugarbelt 400 gewen, asook die onlangs Toyota 1000 Woestynren, en het nou ‘n voorsprong van 25 punte in die kampioenskap. Hulle beoog om hierdie voorsprong in die Sun City 400 te rek. Hulle sal egter taai teenstand kan verwag van spanmaats Giniel de Villiers en Francois Jordaan, asook Duncan Vos en Hennie ter Stege. De Villiers het nou heeltemal herstel van die elmboogbesering wat hom uit die Toyota 1000 Woestynren gehou het, en sal vasbeslote wees om nog ‘n oorwinning te voeg by sy eerste plek in die openingsren van die seisoen, die Nissan Handelaar 400, terwyl Vos en ter Stege alles in die stryd sal werp om hul eerste oorwinning van die jaar in die Absa-veldrenkampioenskap te behaal.
Twee privaatjaer-spanne, Mike Tomsett en Brian Haviland (AK Stone Guards Mitsubishi) en Dan Esterhuyse en Ben Kruger (Ford Ranger) bring die totale aantal inskrywings in Klas T op ses te staan.
Altesame 15 inskrywings is ontvang vir Klas D, van wie ‘n hele paar daartoe in staat is om die klas te wen.
Die wenner sal waarskynlik kom uit ‘n groep van vyf hoogs mededingende spanne, insluitend Alfie Cox en Ralph Pitchford, wat eerste in hul klas was in die Nissan Sugarbelt 400 en die Toyota 1000; die heersende Klas E-kampioene en huidige Klas D-voorlopers Mark Cronje en Chris Birkin in een van twee fabrieksingeskrewe Castrol Toyota Hilux 2,7i modelle; die wenners van Klas D in die Nissan Handelaar 400 Paolo Piazzo-Musso en Rod Hering in die tweede fabrieksingeskrewe Toyota; Manfred Schroder en Jack Peckham in die Span Ford Racing Ranger en die heersende Klas D-kampioene Hein Grobler en Gerhard Prinsloo in die GBS Racing Nissan Hardbody.
Daar is egter ook ‘n paar buiteperde wat die kaarte deurmekaar kan krap. Hulle is Johan Gerber en Coetzee Labuschagne saam met JP Augustin en Johan Doubell in die twee oorblywende GBS Racing Nissans; die pa-en-seun span van Cliff en Louis Weichelt en die broers Mark en Stuart Moffat, wat onderskeidelik in ‘n Bosal/N1 4×4 Toyota Hilux en ‘n Land Rover sal jaag; die Nampo 400-wenners Hannes Steyn en Ockie Fourie in die CMH Isuzu; Henri Zermatten en Bodo Schwegler (Master Craft/Playstation Mitsubishi) en die nuwelinge in die produksiemotorklas Gary Bertholdt, wat die heersende Klas A bestuurderskampioen is, en Siegfried Rousseau.
Gegrond op huidige vorm is die voormalige Klas E kampioene Hugo en Jaap de Bruyn (Castrol Toyota Hilux 2.7i), wat wenners was in die klas in al drie die renne wat vanjaar gejaag is, die besliste gunstelinge om ‘n vierde agtereenvolgende oorwinning in die Sun City 400 te behaal.
Daar is egter minstens agt spanne wat daartoe in staat is om te wen, waaronder vyf Toyota Hiluxes. Castrol Toyota se Zane Pearce en Hennie Vosloo asook Gavin Cronje en Robin Houghton, wat onderskeidelik tweede en derde in die Toyota 1000 klaargemaak het; die wenners van die Lichtenburg 200 Hein Grobler en Cecil Fincham (4×4 Mega World Toyota Hilux), Chris Visser en Japie Badenhorst (Tyco Trucks Toyota Hilux) wat in een stadium die voorloper in die klas was in die Toyota 1000 en die man-en-vrou span van Marius en Tracey (Bosal/N1 4×4 Toyota Hilux) het die ondervinding en die spoed om die De Bruyns die stryd aan te sê.
Die Span Ford Racing-ontwikkelingspan, Baphumze Rubuluza en Khulile Vakalisa, het tot dusver goed vertoon in sy debuutjaar en al twee keer op die podium gestaan, terwyl Dirk van Reenen en Ian Palmer in die Dent Doctor Ford Ranger nog hierdie seisoen ‘n ren moet klaarmaak. Van Reenen is ‘n harde jaer, en sal moontlik meer sukses behaal as hy sy spoed effens verminder.
Die man-en-vrou-span van Neels en Zelda van der Walt is goed geplaas in die kampioenskap en dis heeltemal in hul vermoë om die klas in hul Nissan Hardbody te wen.
Andre Botha en Beans Heydenrych (Kopanong Hotel Superteam Chevy) is die enigste inskrywing in Klas F.
Die klas vir buisraammotors is ietwat uitgedun na die veeleisende Toyota 1000, toe net sewe motors die einde gehaal het.
In Klas A vir onbeperkte buisraammotors met A-arm voorste veringstelsels is 12 inskrywings ontvang, met van die mees gesofistikeerde plaaslik vervaardigde en ingevoerde masjinerie en ‘n groep vasberade jaers wat daarop uit sal wees om hul teenstanders die hakke te wys.
Die voorloper in die kampioenskap en wenner van die Nissan Handelaar 400 en die Toyota 1000, Atang Makgekgenene, sal met Buks Carolin saamspan vir die res van die seisoen en, te oordeel op huidige vorm, is hulle die gunstelinge om die algehele oorwinning in hul Total Jimco te behaal.
Hulle sal egter ‘n geveg op hul hande hê met jaers soos die wenners van die Nissan Sugarbelt 400 se wenners, Mark Corbett en Gavin Kelsey, wat nou van ‘n skouerbesering herstel, in hul Century Property Developments BAT, KwaZulu-Natal se Clint Gibson en Mike Brown (Praesidium BAT), Terence Marsh en Mike Whitehouse in die Nashua Mobile Racing Jimco, John Weir-Smith en Geoff Minnitt, wat die vinnigste kwalifiseerders in die Toyota 1000 was, maar wat nog vanjaar ‘n ren moet voltooi in die Kopanong Hotel Superteam Jimco, en Shameer Variawa en Nadeen Dudhia in hul blitsvinnige Oven Fresh Biscuits Porter.
Nog ‘n faktor in die som is die twee motors van die Atlas Copco-span van Henry Kirstein en Renier Jooste in ‘n BAT en die man-en-vrou span van Gé en Caroline Jooste in die Sandmaster waarmee hulle vanjaar se Vryburg 200 gewen het.
Daar is nuwelinge in Klas S vir onbeperkte buisraammotors met volgarm- voorste veringstelsels. Mohammed Noble en Richared Hope van Botswana in hul Abe’s Furniture Raceco was die enigstes wat die Toyota 1000 kon voltooi, en het die voortou in die kampioenskap oorgevat by die heersende kampioen Nic Gosler en Warren Bowie in die Kopanong Hotel Superteam Raceco.
Ten spyte daarvan dat hulle nie vanjaar ‘n ren kon voltooi nie, is Richared Schilling en Ashley Thorn (Plastotech Raceco) en Nardus Alberts en Collin Hunter (Wrapsa Raceco) ook heeltemal in staat om ‘n oorwinning te behaal in die Sun City 400.
Richard Carolin, wat verlede jaar derde in die Klas T-kampioenskap was in die Jeep, maak ‘n welkome terugkeer na die kompetisie in die Kopanong Hotel Superteam Raceco waarin die broers Herman en Karl Sullwald die 1994 buisraammotor-kampioenskap gewen het.
Daar was vanjaar al drie verskillende wenners in Klas B, naamlik Adri Roets en Deon de Kock (Global DAD WPP), Gary Campbell (Mighty Mag) en die broers Hamish en Alistair Stubbs (Fence Erect Viper) en dit is moontlik dat ‘n vierde span by die lys wenners gevoeg kan word.
Die voormalige Klas B-kampioene Marcus Taylor en Marc de Chalain (JRE), wat vir die grootste deel van die Toyota 1000 voor gejaag het voordat hulle uit die ren is, Ernest Corbett en skoonseun Warwick Goosen (Century Property Developments BAT), Glenn Classen en Carl van der Merwe (Radflo Zarco Lite) en Will Battershill en Reg Sutton (JRE) het almal al vanjaar in die punte klaargemaak, en sal hul bes doen om hul eerste oorwinning van die seisoen te behaal.
Dieselfde geld die heersende jaerskampioen in die buisraammotorkampioenskap, Giel Nel, wat tot dusver ‘n teleurstellende seisoen beleef. Die Luk/Ate Truggy is deur klein probleempies gepla, en Nel kon nog net 17 punte in die kampioenskap bymekaar maak. Nel is egter nie te bekommerd nie, omdat sy vertonings in vorige jare wys sy kampioenskap begin altyd stadig voordat hy van die middel van die seisoen af begin stoom opbou.
Die Sun City 400 renhoofkwartier, kuipe, begin en einde sal alles by die Sun City Sports and Social Club wees, waar daar ook ‘n volledige restaurantdiens en kroeg, kitskosrestaurant en ablusiegeriewe is.
Die 40 kilometer voorren om die wegspringposisies vir die hoofren te bepaal, begin om 13h00 op Vrydag, 23 Julie en die hoofren, wat uit drie rondtes van ‘n 140 km sirkelroete bestaan, begin om 08h00 op Saterdag 24 Julie.