Die SA Veldrenkampioenskap wat deur Absa aangebied word, sal prominent op SABC Sport op SABC 3 en op Supersport gedurende die volgende weke aangebied word.
Die volgende aflewering van Inside Off Road sal op SABC Sport op SABC 3 na die Formule 1-kwalifisering (ongeveer 15:10) op Saterdag, 13 September uitgesaai word en sal ‘n kykie na die kampioenskap sowel as ‘n voorskou van die Sun City 400, wat in die Pilanesberg-omgewing op 26 en 27 September plaasvind, insluit.
‘n Kykie na die kampioenskap tot dusver asook ‘n voorskou van die Sun City 400 sal op 23 September om 19:30 in High Octane Motorsport op Supersport uitgesaai word en sal op 24 September op Supersport 2/CSN om 02:00 en op Supersport 2 om 07:00 herhaal word.
Hoogtepunte van die Sun City 400 sal prominent gedurende Oktober op Supersport uitgesaai word:
7 Okt 22:00 Supersport CSN / 2
8 Okt 13:15 Supersport 2
10 Okt 03:00 Supersport CSN / 1
10 Okt 19:00 Supersport CSN / 2
10 Okt 23:00 Supersport 2
17 Okt 03:00 Supersport CSN / 1
17 Okt 09:00 Supersport 1
17 Okt 21:30 Supersport 2
Uitsaaitye is onderhewig aan verandering wat uitsluitlik deur die uitsaaidienste bepaal word.