Die SA Nasionale Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word, is vanjaar behoorlik ?n familiesport met verskeie spanne waar ?n man en vrou, pa en seun of broers saam die stof in hul veldrenvoertuie aanpak.
Só neem die veldrenveteraan, Andrew Birkin vanjaar op sy eie in ?n enkelsitplek-Klas B-WPPWingfoot deel terwyl sy broer en jarelange navigator, Chris, die Castrol-Toyota Hilux 2700i met die nuweling, Mark Cronje, deel. En alhoewel Andrew meganiese probleme ondervind het, is Cronje en kleinboet Chris tans tweede algeheel in die Produksievoertuigkampioenskap en het hulle reeds Klas E ingepalm.
Daar is nóg broers en Jurie en André du Plessis in hul Klas E-BB Auto-Nissan Hardbody-bakkie is nie meer vreemde gesigte by veldrenne nie. Al die pad van Pietersburg af het hulle al heelwat podiumposisies in hul enkelkajuit-bakkie ingepalm en só het ouboet, Arnold, óók besluit om die veldrenkringe aktief te betree. Arnold, saam met navigator, George Baker, het vinnig hul voete gevind en het reeds tydens die afgelope twee renne (Sun City 400 en die Toyota-Handelaars 400) punte in Klas D met hul dubbelkajuit-Nissan Hardbody-bakkie ingesamel.
Jannie Visser, die boer van Barberspan naby Sannieshof in die Noordwes-Provinsie, se familie is reeds sedert 1977 by veldrenne betrokke toe sy pa dié tipe motorsport begin het. Jannie is nou die eienaar van die bekende FRED ? ?n Toyota Celica-aangedrewe Toyota Hilux-bakkie wat vroeër jare in die hande van Kassie Coetzee was. Jannie se kleinboet, Chris, wat in die transportbesigheid in die Oos-Rand is, het vanjaar die 2002-Klas E-wenners, Hugo en Jaap de Bruyn se Toyota Hilux aangeskaf en het reeds tydens drie renne punte aangeteken terwyl Jannie net tydens die Oven Fresh Biscuits 500 in Klas T punte kon insamel.
Nadat hulle moes toekyk hoe hul sussie, Tracey van Vuuren, saam met hul swaer, Marius, veldren na veldren goeie punte in die Alberante-Land Rover Defender 110 ingesamel het, het Stuart en Mark besluit om ook hul geluk te probeer. Hulle het ?n Defender 90 aangekoop, dit omskep in ?n bakkie en gedurende 2001 begin deelneem. Maar dié twee besigheidsmanne van Heidelberg het vinnig gesien dat swaer Marius ? nou met Chris Maré in die navigatorsitplek omrede vroulief Tracey hul eersteling verwag het ? se langas-bakkie baie geriefliker is en het aan die einde van die 2002-seisoen hul Defender verander. Nou kan ?n familiefoto van dié twee identiese Land Rover Defender 110-bakkies geneem word. Alhoewel beide spanne meganiese probleme vanjaar ondervind het, het Van Vuuren en Maré tydens twee renne punte ingesamel terwyl die Moffat-broers reeds drie keer punte bymekaargemaak het.
In die Spesiale Voertuigkategorie neem die broers en besigheidsmanne van Bryanston in Johannesburg, Alistair en Hamish Stubbs, reeds vir drie jaar deel, maar dit is eers sedert die Sun City 400-ren dat hulle hul nuwe voertuig, ?n Klas B-Viper, kon uittoets. Dié voertuig is deur George Horn gebou en hulle het ?n uitstekende derde plek in Klas B tydens die Toyota-Handelaars 400 daarmee losgejaag. Hulle is saam in besigheid wat elektriese heinings oprig en hulle jaag saam ? Alistair en Hamish Stubbs.
Bes en Deon Bezuidenhout is een van die min spanne wat al die pad van die Kaap af toer om aan die veldrenne in hul Klas B-Adenco-Sandmaster deel te neem. Pa Bes en Deon (30), die oudeste van drie seuns, neem al so vyf jaar saam deel.
Johan het vroeër vanjaar ook begin jaag en is agter die stuur van die Adenco-Chenowth waarmee hy saam met navigator Danièl Groenewald in Klas S jaag en ?n goeie derde plek tydens die Queen Motor Spares-Tarka 400 losgejaag het. Met die Kaap wat nie ?n streeksveldrenkampioenskap aanbied nie, neem die Bezuidehout-gesin net aan die nasionale kampioenskap deel en verg hul toer na elke byeenkoms heelwat beplanning.
?n Pa- en seun-span wat vanjaar heelwat amok gemaak het, is Johan en Marthinus van der Merwe (16) van Harrismith in KwaZulu-Natal in hul Chavani-Mitsubishi Colt Rodeo waarmee hulle tans die tweede plek in Klas D vul. Marthinus is die jongste deelnemer aan die nasionale kampioenskap en is tussen die skoolwerk deur ook betrokke by die voorbereiding van die dubbelkajuitbakkie terwyl pa Johan na die uitverhuring van konstruksiemasjinerie omsien. Hulle het die openingsrondte, die Nissan-Handelaars 400 in die Darling-omgewing in die Kaap gewen en was tot die Oven Fresh Biscuits 400 een van net ?n handjievol spanne wat elke ren kon voltooi. Dit is maar dié span se eerste jaar wat hulle aan die volledige kampioenskap deelneem en na ?n bestendige seisoen, staan hulle ?n goeie kans om die tweede plek in Klas D te vul.
Nóg ?n pa- en seun-span met twee klasoorwinnings vanjaar agter die rug, is die eienaar van die N1 4×4-skrootwerf en onderdele-besigheid langs die N1-snelweg net noord van Pretoria, Cliff en sy seun, Louis (18) Weichelt in die turbodieselaangedrewe N1 4×4-Toyota Land Cruiser-stasiewa. Cliff, wat laasjaar agter die linkerhandstuur van die Ford Ranger wat Neil Woolridge van Amerika af ingevoer het, wat in die sport met die bekende geel Klas T-Toyota Land Cruiser-bakkie begin het, het saam met Louis met die Klas D-louere tydens die Queen Motor Spares-Tarka 400 asook die onlangse Toyota-Handelaars 400 weggestap en lê tans vierde in dié uiters mededingende klas vir produksievoertuie met beperkte modifikasies.
Mark Corbett, saam met Juan Möhr die wenners van die laaste Dak van Afrika-ren in Lesotho en die enigste spesiale voertuig wat dié sopnat ren kon voltooi, is geen onbekende in veldrenkringe nie. Só ook nie sy pa, Ernst, nie, want veldrenne is vir dié gesin behoorlik ?n familiesaak en almal is gewoonlik by ?n ren om die nodige ondersteuning te bied. Corbett Jnr het sy Klas D-Isuzu KB-bakkie verruil en vanjaar een van die plaaslike ontwerpte en vervaardigde BAT-Spesiale Voertuie aangeskaf, maar dit was Corbett Snr wat die eerste punte op die punteleer gehad het met sy Klas B-BAT toe hy agtste in dié klas klaargemaak het. Mark het ?n vinnige buiging by die Toyota 1000-Woestynren gemaak, maar kon nie die hoofren begin nie as gevolg van ?n onderonsie met ?n boom gedurende die voorafren. Die Queen Motor Spares-Tarka 400 was sy eerste werklike ren en die Audi V8-aangedrewe BAT het tussen die voorste spanne ? nóg BATs en Nissan Hardbody-bakkies ? geboer totdat hulle as gevolg van meganiese probleme net voor die einde die handdoek moes ingooi. Maar die skrif was aan die muur en Mark het saam met sy jarelange navigator, Möhr, die onlangse Toyota-Handelaars 400 gewen ? hul eerste van die seisoen, maar beslis nie die laaste oorwinning vir dié BAT nie.
In die kategorie vir Spesiale Voertuie deel Rob en Gareth Wark die jaersitplek van die O?Hagan?s/Kopanong Hotel Superteam-Mighty Mag alhoewel meganiese probleme veroorsaak het dat hulle nog net ?n enkele ren, die Oven Fresh Biscuits 500, kon voltooi. Rob was vroeër jare bekend vir sy onverskrokke jaagtegniek in die Superpave-geborgde Spesiale Voertuie en is beslis een van die veterane van plaaslike veldrenne.
Daar is ook heelwat vroue wat dit saam met manlief in die veldrenvoertuie waag ? Neels en Zelda van der Walt (Klas E-Nissan Hardbody) van Pretoria is een só ?n paartjie. Neels het drie jaar gelede begin deelneem en sedert laasjaar is Zelda die bekwame navigator en het dié span ook al met heelwat podiumposisies in hul turbodieselaangedrewe dubbelkajuitbakkie huis toe gegaan.
JP en Linda Augustin van Hartswater in die Vrystaat, een van die vier GBS Racing-Nissan Hardbody-spanne in Klas D, het die seisoen op ?n hoë noot begin toe hulle tweede in dié klas klaargemaak het.
Hulle het ook eers onlangs ernstig begin deelneem en veral by streeksveldrenne bewys dat hulle tot hoër hoogtes in staat is. Nadat hulle die Oven Fresh Biscuits 400 voltooi het, is hulle egter gediskwalifiseer en het hulle eers weer punte in Tarkastad aangeteken. Hulle het hul bakkie in ?n donga tydens die onlangse Toyota-Handelaars 400 laat beland en kon nie die ren voltooi nie.
In die Spesiale Voertuigkategorie is die diamantmyners,Gerhard en Kobie du Plessis, ook al ou bekendes in hul Mobil-Jimco ? veral omrede hulle gewoonlik die renne tussen die voorste voertuie begin. Gerhard het laasjaar saam met kleinboet Laurens vier renne algeheel gewen, maar neem vanjaar saam met vroulief Kobie deel en het in ?n goeie derde plek in Klas A tydens die onlangse Mpumalanga-ren klaargemaak. Kobie is ook die suster van Ferdie Seegers, die navigator in die bekende E99-Toyota Hilux KZ-TE wat deur Hannes Steyn bestuur word.
Henry Kirstein en Renier Jooste, ook al ou hande by veldrenne in hul Super Rock-Spesiale Voertuie ? hulle het voor die laaste ren die BAT wat Klas B die afgelope drie renne gewen het, aangeskaf ? en Jooste Jnr, Gé, neem meestal aan die streekskampioenskappe deel. Gé het egter Kirstein en pa Renier se voertuig oorgekoop en pak nou die renne saam met sy vrou, Caroline aan. Hulle het nog net 30 km saamgejaag ? toe het die waterpyp op hul Klas A-Sandmaster die gees gegee ? maar volgens Gé sien hy kans om die Carnival City Casino 400 saam met haar aan te pak.
Gerhard en Zelda Niemand kon nog nie een ren in hul Klas B-Sandmaster voltooi nie, maar probeer elke keer en is ook bekendes in veldrenkringe.
Só ook Andrew en Janet Fulton ? Janet kom uit ?n motorsportfamilie. Haar oupa, Jack Whitehead, het in drie Suid-Afrikaanse Grands Prix in die 1930?s gejaag en het verskeie motorsportsuksesse behaal terwyl haar pa, Pat, in die sestigerjare aan die Formula Vee-kampioenskap deelgeneem het. Hy het ook aan die eerste Dak van Afrika-ren in ?n VW Kewer deelgeneem.
Veldrenne was nog altyd ? en sal nog vir lank ? ?n gesonde familiesport wees en dié wat nie saam in die voertuie kan deelneem nie, dien as die ondersteuningspanne tydens die renne.