‘n Paar privaatspanne in vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap het aktief aan ’n innoverende bemarkings- en televisie projek deelgeneem wat ’n beduidende verskil aan die geldkas van MSA se Veldrenvoertuigkommissie gemaak het.
“Desnieteenstaande die feit dat die kampioenskapsborg, Absa, ons vervaardigersvennote – Ford Nissan en Toyota – en die byeenkomsborge beduidende befondsing vir die kampioenskap verskaf, het ons aan die begin van die seisoen steeds ’n tekort ondervind,” het die President van MSA se Veldrenvoertuigkommissie, Piet Swanepoel, gesê. “Ons het ’n pakket aan ’n uitgesoekte groep privaatspanne en hul borge voorgelê wat aan hulle mediablootstelling waarborg en ons is deur die reaksie oorweldig.”
“Ek is reeds vir dekades in motorsport en kan nie enige geleentheid in die verlede oproep waar privaatspanne en hul borge moeite gedoen het om die lewensvatbaarheid van ’n kampioenskap of ’n byeenkoms te verseker soos ons met die Mafikeng 500 ervaar het toe vyf privaatspanne en hul borge op die laaste oomblik na vore getree het om die byeenkoms te red nie,” het Swanepoel gesê. “Om te verseker dat almal gebalanseerde dekking kry was ’n moeilike taak, maar ek is daarvan oortuig dat wanneer die donateurs die dekking wat hulle ontvang het, analiseer, hulle tevrede sal wees met die waarde wat hulle vir hul geld ontvang het.”
Medewerkers sluit in die GBS Racing-span bestaande uit drie voertuie wat die huidige Klas D-kampioene, Hein Grobler en Gerhard Prinsloo insluit; die nuut-gekroonde Spesiale Voertuigkampioen, Atang Makgekgenene; Mike Tomsett van AK Stone Guards; Shameer Variawa en Cornbake Foods; die Bosal/N1 4×4-span bestaande uit drie voertuie; Archie Rutherford van Ruthcon; Henri Zermatten en sy borge, Mastercraft en Playstation; Global DAD wat die Klas B-deelnemer, Adri Roets, ondersteun; die Kopanong Hotel Superteam-span bestaande uit drie voertuie; Nardus Alberts van Wrapsa; Brandon Harcus en BAT Racing; Mark Corbett en Century Property Developments; Richard Schilling wat met die Plastotech-Raceco deelneem; Henry Kirstein en Atlas Copco en Advansoft wat Gary Bertholdt se BAT borg.
Al dié donateurs, met die uitsondering van Richard Schilling, sal tydens die Carnival City 400 op 19 en 20 November in aksie wees.