Die kalender vir die 2005 SA Veldrenkampioen is gefinaliseer en sluit twee klein veranderings in.
Die Nissan-Sugarbelt 400 wat deur die Natal Off Road Motor Club georganiseer word, is oorspronklik vir 19 en 20 Maart geskeduleer en sal nou op 18 en 19 Maart in die Eston-omgewing naby Pietermaritzburg plaasvind.
Die Toyota 1000-Woestynren word deur die Four Wheel Drive Klub van Suidelike Afrika georganiseer en sal van 3 tot 5 Junie in Botswana plaasvind om te verhoed dat dit met die Vodacom Power Tour-byeenkoms wat op 28 Mei by Aldo Scribante aangebied word, bots.
Die seisoen skop met die Nissan-Sugarbelt 400 in Maart af en word gevolg deur die CPMCC-georganiseerde Nissan-Handelaars 400 in die Darling-omgewing in die Wes-Kaap op 22 en 23 April.
Die Toyota 1000-Woestynren is die enigste marathon-ren op die kalender en is die sporthoogtepunt van die jaar in Botswana. Die byeenkoms sal elke dag in Gaborone begin en eindig en die aangewese dienspunt sal weer in Mantswabisi wees.
Die spanne sal dan ’n ruskansie van vier weke hê om hul voertuie vir die misleidend-moeilike Sun City 400 voor te berei wat op 1 en 2 Julie in die Pilanesberg plaasvind. Off Road SA se Adri Roets beloof om weer eens ’n taai, maar uiters toeskouer-vriendelike roete voor te berei.
Vyf weke later beweeg die kampioenskap na die Bergkoninkryk van Lesotho waar die Lesotho Off-road Assocciation se Lesotho Sun 400 van 5 tot 6 Augustus aangebied word. Laasjaar se byeenkoms was een van die moeilikste uitdagings vir die deelnemers in jare en net ’n handjievol van die Spesiale Voertuie kon die einde haal.
Die Mafikeng 500 sal van 9 tot 10 September in die Noordwes-Provinsie plaasvind en die Mafikeng Motor Club is reeds hard besig om na nuwe gedeeltes te soek om opwinding aan dié byeenkoms te bied wat tradisioneel daarvoor bekend is dat dit baie vinnig is.
Die Toyota-Handelaars 400 het die 2004-Byeenkoms van die Jaar-toekenning ontvang – ‘n gepaste toekenning vir die moeite wat die organiseerders, die SA Motorsportklub wat ook die Sasol-Tydren organiseer, en die span van Lydenburg Toyota wat dié byeenkoms ondersteun, insit. Die organiseerders beplan om nuwe gedeeltes tot die roete by te voeg en die spanne kan ’n selfs strawwer ren op 14 en 15 Oktober verwag.
Die seisoen sal weer eens met die Carnival City 400 op 18 en 19 November in Gauteng afgesluit word. Dié Koepel-georganiseerde byeenkoms sluit ’n ongelooflike stadionbaan by Carnival City in sowel as vinnige, oop seksies en klipperige gedeeltes in die berge in wat die spanne met die Lesotho Sun 400-roete vergelyk.
2005 SA Veldrenkampioenskap:
18 – 19 Mrt, Nissan-Sugarbelt 400 – KwaZulu Natal
22 – 23 Apr, Nissan-Handelaars 400 – Wes-Kaap
03 – 05 Jun, Toyota 1000-Woestynren – Botswana
01 – 02 Jul, Sun City 400 – Nooordwes-Provinsie
05 – 06 Aug, Lesotho Sun 400 – Lesotho
09 – 10 Sep, Mafikeng 500 – Nooordwes-Provinsie
14 – 15 Okt, Toyota-Handelaars 400 – Mpumalanga
18 – 19 Nov, Carnival City 400 – Gauteng