Die 80 voertuiginskrywings wat vir die Carnival City Casino 400, die laaste ronde van die SA Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word, ontvang is, het Koepel Klub verplig om die formaat van Vrydag (14 November) se voorren, wat die wegspringposisies vir Saterdag se hoofren bepaal, te verander.
Die voorren sou oorspronklik uit twee rondtes van die 6 km-kortbaan by Carnival City Casino bestaan het, maar met 80 voertuie wat ingeskryf het en die spesifieke stofgaping wat tussen voertuie gelaat moet word, sou dit beteken dat sommige deelnemers die voorren in die donker moes doen.
?Ons het nie só ?n groot getal inskrywings verwag nie en moes teen ons wil die voorren tot ?n enkele rondte van die kortbaan verkort,? het Koepel Klub se voorsitter, Willie Prinsloo, gesê. ?Die voertuie sal die voorren met tussenposes van drie minute begin wat sal beteken dat daar heeltyd ten minste twee voertuie terselfdertyd op die baan sal wees en aangesien die roete korter is, sal die spanne moet jaag asof hulle aan ?n tydrensneltrajek deelneem.?
?Anders as ander byeenkomste in die kampioenskap, sal spanne nie die luukse van ?n 35 km-voorren hê waar hulle gedurende die eerste paar kilometer eers aan als gewoond kan raak en dan hul pas kan aanjaag nie,? het Prinsloo bygevoeg. ?Dit sal van die begin af alles of niks wees en toeskouers kan Vrydag reeds ?n taai stryd verwag.?
Die voorren begin op Vrydag, 14 November, om 12:00 en die roete sal natgegooi word om die stof tot ?n minimum te beperk en met verskeie uitkykpunte sal toeskouers nie teleurgesteld word nie.
Die spanne sal die hoofren op Saterdag met tussenposes van 30 sekondes op die kortbaan, wat drie keer gedurende die ren gebruik sal word, begin. Die hoofren sal bestaan uit ?n roete van 138 km tussen Brakpan en Heidelberg bestaan waaroor die voertuie drie keer gedurende die ren sal moet jaag.
Die toeskouerpunte is maklik van die N3, die R103, die R21 en die R23 bereikbaar en sal duidelik gemerk wees.
Die Carnival City Casino 400 beloof om ?n opwindende finaal van die 2003-SA Veldrenvoertuigkampioenskap wat deur Absa aangebied word, te wees